Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 36

NUUS | BROKKIES

Dit beteken dat produsente hul monitering en voorkomende beheer, insluitend spuitskedules, vroeër en meer doelgerig moet aanpas om plantgesondheid te beskerm. Net so kan waterlogging en verspoelde lande meer voorkom, wat dreineringstelsels en grondvogbestuur krities maak.

’ n Seisoen van bosluisdruk vir veeboere

Meer vog skep ideale oorlewingsomstandighede vir bosluise. Dit verhoog die risiko vir hartwater, rooiwater en ander siektes wat deur bosluise oorgedra word.’ n Doelgerigte dip- en moniteringsprogram is noodsaaklik om vinnige styging in populasies die hoof te bied.

Kundiges se boodskap: Berei vroeg voor

Die La Niña-verklaring is saamgestel deur’ n span van vooraanstaande klimaat- en landboukenners, insluitend die Suid-Afrikaanse Weerdiens, universiteite regoor die land, die LNR en ekonomiese insette van AGBIZ. Hulle waarsku dat La Niña wél groot geleenthede vir goeie opbrengste bied, maar slegs vir produsente wat betyds bestuur, beplan en voorberei vir’ n natter seisoen.