GEMENGDE BOERDERY | PAUL BUTTON
melk- en vleisproduksie ernstig benadeel. Dit kan ook internasionale handelsverbod veroorsaak.
Boere kan net soveel doen. Die grootste risiko kom dikwels van vee wat vanaf ander gebiede ingebring word vir kulturele gebruike soos lobola, troues of begrafnisse.
“ Dit is baie ernstig vir vleisboere maar nog erger vir suiwelboere. Ons is gelukkig dat’ n diep rivier ons grens. Mense en vee kan nie daaroor kom nie.”
Indien die siekte voorkom, word besmette diere vir ses maande in kwarantyn geplaas. Terug na die aartappels. Aartappels word middel Junie geplant. Ryp is nie’ n probleem nie. Die oes is van middel Oktober tot middel November.
“ Ons was nie die aartappels nie en verkoop dit as’ n Transkei Mix. Dit is ongeselekteerd. Die aartappels word op sleepwaens gelaai en kopers neem dit dieselfde dag weg.”
Paul bestuur’ n geïntegreerde stelsel waar al die boerderyonderdele saamwerk en mekaar versterk.