Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 109
GROENTE | RIX BOTHA
Bo: Afloopwater uit die land sowel as boorgatwater word hier opgedam, waaruit besproeiing vir die groente verkry word.
elke nou en dan die implemente tussen trekkers te ruil vir die werk wat gedoen moet word. Dit werk nou baie beter. Daar is sewe trekkers wat chemikalieë toedien en nog sowat drie wat rip, ploeg en grond bewerk.”
PLANTBESKERMING IS ONBEKOSTIGBAAR DUUR
Swamme en siektes bly’ n voortdurende uitdaging, en daar skermingsmiddels is’ n groot uitgawe—’ n liter kos sowat R3 000, en vir elke toediening moet sowat 150 ml van drie of meer verskillende produkte gebruik word.
Een middel is gemik op wurms,’ n ander teen motte, nog een teen luise, en dan is daar ook middels vir algemene plaagbeheer. Daarbenewens moet’ n waterdemper en swamdoders ook gespuit word. Die waterdemper help om die pH van die water te reguleer, veral wanneer die watertafel sak en die pH tot sowat 8 styg. Die water moet gebalanseer word, anders kan die plante nie voedingstowwe opneem nie.
Nadat die waterdemper bygevoeg is, bly die pH slegs vir sowat’ n uur en’ n half optimaal. Daarom moet die plante onmiddellik gespuit word nadat die mengsel