Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 110

RIX BOTHA | GROENTE

Bo: So wat 50 vroue werk in twee spanne, en daar word sewe dae per week in die lande gewerk. Regs: Jong raapblaargroente wat geplant is om wisselbou toe te pas waar kool of brokkoli voorheen verbou is.

voorberei is. Beplanning is dus uiters belangrik, want daar is net’ n klein venster vir sukses. Al die middels wat gebruik word, is veilig vir mense. Bemarkers kom gereeld besoek aflê en stap tussen die rye om te bepaal presies wat en waarvoor gespuit moet word.

“’ n Boerdery soos ons s’ n, waar die produk daagliks van die hand gesit word en boonop aan verskillende tipes markte verkoop word, se grootste uitdaging is om die administratiewe werk en boekhouding van plant, plaagbeheer, benatting, arbeiders, oes en verkope daagliks op datum te hou.”

Leon sê hulle besef al geruime tyd dat die gebied onder druk kom weens die uitbreiding van behuising vir die groeiende bevolking. Die regering probeer vir almal huise voorsien en soek voortdurend na nuwe grond. Die Departement van Landbou was nog altyd die boere goedgesind, maar selfs hulle kom nie meer hierheen nie, omdat hulle geen beloftes kan maak nie. Selfs die polisiehoof van Philippi, wat die boere goedgesind is, kan net sy