Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Página 108

RIX BOTHA | GROENTE

Die blare en koppe word uit die land uit met trekkers na die stoor gery, waar dit dan skoongespuit word. Sommige produkte word gelaai vir die groothandel, en ander word in groot kratte in die winkel gepak, waar verbygangers hul produkte kan koop.

Die Rix’ e maak hul eie kompos van die afvalkos wat op die plaas weggegooi word, waar sy oudste dogter, Lerita, met skape spekuleer. Daar word ook met varke geboer.“ Varkvleis het baie gewild geword. Daar is’ n reuseverskil in die hoeveelheid vleis wat’ n klant kry as hy R3 000 betaal vir’ n skaap teenoor wat hy vir’ n vark kry.”

Die groot vloot trekkers op die plaas het elk sy eie werk wat verrig moet word.“ Ons het besluit dit is makliker om elke trekker sy eie implement toe te wys, eerder as om

Onder: Kool word uit die land gebring, skoongemaak en in houtkratte verpak vir groothandel of verkoop by African Leaf Farm Stall. Links: Kompos wat die Rix’ e eiehandig op die plaas produseer.