Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | страница 107
GROENTE | RIX BOTHA
Bo: Adriaan Rix by die vloot Mahindra trekkers.
geoes. Kool- en brokkolikoppe word afgesny, waarna die grond met’ n draaiskoffel( rotavator) bewerk word. Kraalmis word dan op die grond gegooi en die land word geploeg voordat daar weer geplant word. Alle besproeiing geskied uit boorgate op die plaas.
Leon sê hulle plant raap op die grond waar brokkoli en kool geplant was, om wisselbou toe te pas en nuwe elemente in die grond terug te bring. Gesonde grond lewer gesonde produkte. Vanaf die agtweke-plantjie wat geplant word, neem dit sowat drie maande voordat’ n kool- of brokkolikop weer geoes kan word.
VROUE PLANT EN OES
Alle plantjies word met die hand geplant en later weer geoes. Daar is 25 permanente werkers op die plaas en sowat 50 dagwerkers— almal vroue. Daar is ook’ n vrou wat die tarentale verjaag in die rye waar die jong plantjies geplant is, want hulle skrop dit uit die grond uit. Sy maak ook tussen die rye skoon waar die trekker gery het en sorg dat dit vry is van onkruid.