Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 106

RIX BOTHA | GROENTE

AFRICAN LEAF FARM STALL

Die Rix’ e plant nou uitsluitlik groen blaarprodukte. Dit sluit in spinasie, sprietuie, krulkool, raap, Afrika-krulkool, mosterd, brokkoli en kool. Hul grootste mark is die plaaslike gemeenskap wat graag hierdie groen blare in hul pap gooi. Hulle kan skaars voorbly om duisende van hierdie bossies per dag aan groot- en kleinhandelklante te verkoop.

Dit is’ n besonder groot mark as’ n mens in ag neem hoeveel informele nedersettings in die onmiddellike omgewing van Philippi is. Die groothandelverkope vind plaas aan die agterkant van’ n groot stoor, terwyl die kleinhandelverkope gedoen word aan die voorkant vanuit hul plaaswinkel, African Leaf Farm Stall, wat gerieflik langs die pad geleë is wat voor die plaas verbyloop. Hier kan verbygangers en informele handelaars dié gewilde produkte koop.

Hulle verkoop tans’ n bossie groen blaarprodukte en kool vir R5 elk, maar indien dit skaars raak, styg die prys na tussen R8 en R10, sê Leon.

Die blaarplante word in’ n rotasiestelsel geplant. Die plante word deur die week natgemaak en die blare word

Heel bo regs:’ n Gesonde bondeltjie sprietuie is gewild in bredies of saam met ander blaargroente in pap.