Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Seite 105

GROENTE | RIX BOTHA

Bo: Hierdie krulkool is reeds’ n paar weke oud en is’ n gesogte groente onder plaaslike inwoners.

ook’ n groot rol hier, want diefstal en sabotasie kom algemeen voor en bedreig boere se vermoë om volhoubaar te produseer.

Ja, misdaad is’ n probleem in ons gebied, maar aan die ander kant word ons ook nie te erg daardeur geraak nie.

“ Ja, misdaad is’ n probleem in ons gebied, maar aan die ander kant word ons ook nie te erg daardeur geraak nie. Mense wat groente steel, kan ook net soveel in’ n streepsak kry— dan is hulle weer vort. Die bietjie wat gesteel word, is maar’ n druppel in die emmer van wat ons produseer en bemark,” vertel Leon.

Hoewel hy en Adriaan vir jare groente soos aartappels, wortels, kool en slaai geproduseer het, is dit eers die afgelope vier jaar dat hulle’ n heel nuwe rigting met hul aanplantings ingeslaan het.