Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 104
RIX BOTHA | GROENTE
KAN NIE VOORBLY MET BLAARPRODUKTE VIR PAP NIE
Die Rix’ e plant groente, en veral blaarprodukte, op sowat 50 ha grond. Voorheen het hulle grond gehuur, maar nie meer nie. Aangesien die gebied teenaan Mitchells Plain, Hanover Park en Lansdowne geleë is, voorsien die groente wat hier verbou word, ook baie van die plaaslike informele markte.
Leon, wat as kind by die plaasskooltjie oorkant die pad skoolgegaan het, het met een van die omliggende bure se dogter, Marita Buhr, getrou. Uit die huwelik is drie kinders gebore. Vandag nog woon die familie naby mekaar.“ Elkeen van ons woon op’ n plaas, terwyl ons oudste dogter in die stad woon.”
Dit was’ n hegte gemeenskap van families, en vandag nog is daar Duitse nageslagte wat steeds’ n lewe in die gebied maak.
In die middel 1800’ s het Duitse immigrante in Philippi gebly, wat destyds as’ n semiwoestynagtige gebied gesien is. Hulle het egter bewys dat hulle suksesvol met groente in hierdie gebied kon boer en Kaapstad se inwoners daarvan kon voorsien. Dit was’ n hegte gemeenskap van families, en vandag nog is daar Duitse nageslagte wat steeds’ n lewe in die gebied maak.
GROND IN DIE AREA WORD AL HOE MEER GEOORMERK VIR BEHUISING
Grond in Philippi is geweldig onder druk omdat dit deur ontwikkelingsprojekte, veral vir behuising, geoormerk word. Dit veroorsaak dat die landbougebied oor tyd al hoe kleiner word. Natuurlik speel veiligheid en misdaad