JONGBOER WENNER | TULPIESKRAAL
UITDAGINGS EN OPBRENGS
“ Dit is glad nie meer ekonomies om oesversekering te kry nie, omdat dit duurder is as die oprigting van die nette. Ons het druipnette ook gebruik, en dit kos ongeveer R120 000 / ha vir die oprigting – en dit hou tot so lank as 12 jaar. As jy dit oor daardie tydperk bereken, is dit baie goedkoper as die koste van jaarlikse oesversekering. Oesversekering beteken eers iets as jy 100 % skade het en alles verlore is. Dan moet alles vervang en betaal word.
“ Dit is glad nie meer ekonomies om oesversekering te kry nie, omdat dit duurder is as die oprigting van die nette.”
Maar as jy gewone skade het, voel dit soms of jy net jou premie terugkry, omdat daar allerhande voorwaardes is wat nie werklik werk nie.”
Die uitdagings vir appel- en peerboere in die Langkloof is soortgelyk aan dié in ander produksie-gebiede. Vanjaar was daar heelwat probleme met kalanders, maar hulle gebruik kalanderbande om die bome wat die peste beheer.
André vertel dat hulle oor die algemeen laer opbrengste per hektaar het in vergelyking met ander streke soos Elgin,
JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 81