TULPIESKRAAL | JONGBOER WENNER
hul eerste nette nie ideaal was nie, staan van hulle steeds. Die nette beskerm teen hael en sonbrand, word toegemaak ná bestuiwing, oop ná die oes, en weer gesluit ná blomtyd.
“ Ons het baie geleer en gebruik nou onafhanklike kontrakteurs teen’ n vaste tarief per hektaar om die konstruksies op te rig. Daar is min nadele en die voordele is legio. Met bedekte boorde is jou uitpakke baie beter, veral die uitvoerpersentasies. Vroeër was die uitvoerpersentasie dalk sowat 60 %, maar nou het die vrugte wat vir uitvoer bestem is, gestyg tot ongeveer 80 %, met die gevolg dat vrugte vir die plaaslike mark baie afgeneem het. Maar die inkomste het gegroei danksy verhoogde uitvoere.’ n Mens kan nie net vir die plaaslike mark vrugte verbou nie – dan gaan jy dit nie maak nie,” glo hy.
96 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025