Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | 页面 94

TULPIESKRAAL | JONGBOER WENNER

Appels word in kratte op vragmotor gelaai vir versending.

smaller boorde in te span. Naas die blaasmasjien gebruik hulle ook randsnyers wat die bome meganies snoei. Nuwe boorde word ook só aangeplant, nader aan mekaar en met spesifieke variëteite, sodat hierdie masjiene meer doeltreffend kan werk.

“ In Nieu-Seeland en Europa kan die vrugtebedryf dit amper nie meer bekostig om nié meganies te werk nie, omdat arbeid so duur is. Ons is ook op pad soontoe, maar hopelik gaan dit nog’ n paar jaar vat. Ons kan net tot’ n sekere punt meganiseer en doen dit stelselmatig deur ander tipe bome wat kleiner, smaller en laer is, aan te plant. Die plukproses gaan waarskynlik nie gou gemeganiseer kan word nie, maar wel die snoei- en uitdunprosesse. Ons besproeiingstelsels is reeds geoutomatiseer en word met rekenaarstelsels bestuur.”

Hy sê hy sal nooit weer sonder nette boer nie. Nuwe boorde word met infrastruktuur aangeplant, en hoewel

94 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025