JONGBOER WENNER | TULPIESKRAAL
UITVOERLOGISTIEK, MEGANISASIE EN NETTE
Hy is tevrede met die uitvoerproses sover vanjaar en glo dit het baie verbeter sedert nuwe infrastruktuur in die Kaapse hawe in gebruik geneem is. Andersins stuur hulle ook vrugte via Gqeberha en Coega. Die enigste probleem is wanneer skepe nie daardie hawens aandoen nie en soms verbyvaar.
“ Ons het onlangs’ n masjien aangekoop wat die appelbome se blare afblaas om hulle meer lig te gee en dus verkleuring van die vrugte aan te help. Dit verg minder handearbeid en bespaar tyd en koste, met die moontlikheid vir toekomstige uitbreiding. Al die boorde, veral die oueres, is egter nie geskik vir hierdie tipe bewerking nie, maar ons nuwe boorde word almal met nuwe tegnologie in gedagte aangeplant.”
Op Tulpieskraal is die nuwe generasie klein boordtrekkers reeds uitgetoets, en daar word al hoe meer op meganisasie staatgemaak deur dié trekkers en spuite in
JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 77