TULPIESKRAAL | JONGBOER WENNER
Oos-Kaap se wenboer André Kritzinger:
Begin in die diep kant, dan móét jy swem
Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter en verskaf
André Kritzinger is pas aangewys as die Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar. Nadat sy pa, Bokkie, enkele jare gelede tragies in’ n motorfietsongeluk oorlede is, moes André noodgedwonge die leisels van hierdie mega-boerdery oorneem. Dit is duidelik dat hy die leisels op Tulpieskraal stewig in albei hande het en presies weet waarheen hy oppad is.
André Kritzinger, een van die jongste produsente wat die titel Oos-Kaap Jongboer van die Jaar gewen het, staan hier op sy plaas Tulpieskraal in die Langkloof.
84 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025