Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Página 83

SMUTS BROERS | MEGA BOERE

duur, en daarom moet mens sorg dat die wingerd presies dit kan bied wat jy soek in jou wyn.”

’ N WETENSKAPLIKE BENADERING BRING DIE BESTE NA VORE

Alles begin vir Salóme by grondgesondheid, en dan volg plantgesondheid. Wanneer die eerste boublokke se grond voorberei is, word die plantmateriaal gekies. Sybrand doen die kunsmistoediening, maar Salóme hanteer die kleiner insette vir fyn detail.“ Dit is baie lekker as jy jou eie man kan‘ rondshunt’ om te doen wat jy graag wil hê,” lag sy.

Somerloofbestuur is vir haar van kardinale belang, en dit is waar die verskil inkom. Vanaf Oktober begin die suiweringswerk om die wingerd skoon en gesond te hou.“ Wanneer jou druiwe nie gesond is nie, is dit wanneer regstellings gemaak moet word.”

“ Dit is’ n belangrike wetenskaplike proses van wingerd tot kelder. Die skaal waarop ek werk, gee my sóveel meer tyd om te verseker dat die eindproduk presies is wat ek in gedagte gehad het, en dat dit aan my standaarde voldoen.”

Dit is’ n maklike antwoord: goeie wyn kom nie uit’ n swak wingerd nie, en Salóme weier om iets in’ n bottel te sit wat die handelsmerk negatief kan beïnvloed. Dit is’ n tydsame, lang proses, en wynmakers se behoeftes is baie spesifiek ten einde’ n wyn te bottel wat deur verbruikers geniet kan word.’ n Mens kan nie foute wegsteek nie.

“ My droom vir Lozärn is om die gewig van geskiedenis en nostalgie só saam te bind, dat die nageslagte dit nog kan geniet. Die Smuts-familie se geskiedenis moet voortleef in die wyne wat ons hier maak.”

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 83