Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 82

MEGA BOERE | SMUTS BROERS

Hoewel 70 % plaaslik bemark word en die res uitgevoer word, is Margarite verantwoordelik om die uitvoermark te laat groei.

“ Wanneer wyn op’ n kleiner skaal gemaak word, kan regstellings nie so maklik gemaak word nie.”

Kay’ s Legacy is’ n versnit van ses kultivars. Die wyne word plaaslik aan kettingwinkels, boetiekwynwinkels asook privaat verkoop.

WYNE WORD BEKROON EN KRY ERKENNING

Salóme is elke keer wat sy haar wyne vir kompetisies soos die Michelangelo Internasionale Wyntoekennings en Lumo-toekennings inskryf, beloon met wenwyne. Sy is ook in 2021 en 2022 as Vrouewynmaker van die Jaar aangewys. Toe die Cabernet Franc in 2022’ n trofee wen, het sy geweet dat dit waarmee sy besig is, wérk.

Sy glo dat sukses in wynmaak op’ n baie fyn lyn balanseer tussen wetenskap en jou“ gut feeling”.“ Ek is bevoorreg om tussen baie hektare presies te kan kies wat ek nodig het. Net 3ha se volproduksiedruiwe word in ons eie wyn omskep. Ek kies dit wat ek wil gebruik met die hand, so ek het heel eerste toegang tot die beste druiwe. Goeie wyn word weerspieël in gesonde druiwe uit die wingerd.”

Die res van die druiwe word by’ n plaaslike wynkelder gelewer.“ Mens leer die blokke ken en weet wat watter een gee. Wanneer wyn op’ n kleiner skaal gemaak word, kan regstellings nie so maklik gemaak word nie. Dit is

82 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025