Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 81

SMUTS BROERS | MEGA BOERE

“ Gelukkig was daar reeds gesertifiseerde kwekerye wat die stokke beskikbaar gehad het, en ons het gedruk om dit te bekom. Ons het geglo dit sou uniek vir ons handelsmerk wees en Lozärn Wyne’ n bietjie hupstoot gee,” sê Salóme.“ Carménère is’ n moeilike kultivar wat tyd nodig het, en omdat die drag relatief laag is teenoor ander kultivars, maak mens nie sommer baie geld daarmee nie, tensy dit enkelgebottel word. Die kelder maak ook die enigste Carménère Rosé in die land.”

Die kelder se druiwe-inname groei baie mooi die afgelope paar jaar. In 2014 is 18 ton verwerk en tans is dit 55 ton. Die kelder bied veertien soorte wyne vir verskillende, gediversifiseerde markte aan.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 81