MEGA BOERE | SMUTS BROERS
Die egpaar se enigste seun, Ivan Sedgwick Smuts, het die eerste druiwe op die plaas aangeplant. Elke generasie daarna het nóg wingerd geplant. Vandag is net meer as 100 ha wingerd’ n groot deel van Lucerne Agri se uitgebreide landbou-onderneming.
Salóme, wat wyn- en wingerdbou by Elsenburglandboukollege buite Stellenbosch studeer het, sê sy en Sybrand,’ n produksiebestuurder vir Lucerne Agri, het altyd gedroom om’ n klein boetiekwynkelder op die been te bring.
“ Baie van die druiwe is aanvanklik in grootmaat by’ n plaaslike wynkelder gelewer, maar ek wou graag iets meer persoonlik ontwikkel. Ek het die potensiaal vir Bordeauxblokke, Cabernet, Sauvignon Blanc en Merlot gesien. Ons het daarin geslaag om die vorige eienaar te oorreed om’ n klein kelder op te sit en het in 2013 ons eerste wyn gemaak,” vertel sy.
NIS-KULTIVARS LEI TOT BOETIEKWYN
Met die koop van die plaas Doornbosch in 2017 het sy die geleentheid gesien om meer nis-kultivars soos Carménère, Malbec en Cape Franc te plant.
“ Ons was die eerste produsente in Suid-Afrika om Carménère vry te stel,” vertel sy trots.“ Dit is’ n ou Bordeaux-kultivar wat’ n baie skaars kultivar in Frankryk is. Siektes het dit uitgeroei, maar in 1994 is dit weer in Chili herontdek. Hulle het gedink dit was Merlot, maar toe is dit’ n kombinasie van Merlot en Carménère. Dit is dus’ n relatief jong kultivar en het nog baie uitdagings met siektes, produksie en swakker drag. Ons het eers net’ n baie klein blokkie van 0,6 ha aangeplant. Nóg’ n blok is later op Klipboschlaagte in die Robertson-distrik aangeplant.
80 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025