MEGA BOERE | SMUTS BROERS
Suurlemoene word ook vir’ n ander groot produsent verpak, wat die gaping tussen die twee seisoene mooi oorbrug.
Die seisoenale werkers werk slegs agt weke van die jaar nie, die res van die tyd is die pakhuis in volle produksie. Die deurset vir suurlemoene, wat’ n groot deel van die verpakkingsvolume uitmaak, is tussen 500 en 600 kratte per dag. Elke krat bevat tussen 390 kg en 400 kg suurlemoene.’ n Skof duur nege uur, en daar is tien skofte per week.
Die produsent is self verantwoordelik vir die vervoer van die produk na die pakhuis, terwyl die bemarkingsagent weer die vervoer na die hawens reël.
“ Die produsente in die omgewing behaal tans baie goeie opbrengste op suurlemoene, en die uitvoerpryse is gunstig. Dit word meestal na Kanada en die Europese Unie uitgevoer. Afhangend van die eindbestemming neem dit tussen twee en vier weke vir die produk om sy bestemming te bereik,” sê De Jonge.
NOSTALGIE VIR FAMILIEGESKIEDENIS HERLEEF IN BEKROONDE WYNE
Die naam Lozärn is van Switserse herkoms en ver-wys na die grootworddorp van Kathleen May Smuts( Kay). Hoewel Lozärn Wyne nog’ n relatief nuwe handelsmerk is, is daar reeds jare se toewyding en liefde ingeploeg om dit sy regmatige plek in beide die Suid-Afrikaanse en oorsese wynmark te laat vestig.
Salóme Buys-Vermeulen, wynmaker van Lozärn Wyne, wat al twee keer as die Vrouewynmaker van die Jaar aangewys is, en haar man, Sybrand, vertel die Smutsfamilie het net op die regte tyd oor hul pad gekom. Sybrand was vroeër produksiebestuurder van die plaas langsaan, toe die Smuts-familie dit in 2017 gekoop het om hul eie boerderybedrywe verder uit te brei.
76 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025