Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Seite 75

SMUTS BROERS | MEGA BOERE

VERPAKKINGSAANLEG HANTEER GROOT VOLUMES

Capac is’ n reuse verpakkingsaanleg buite Robertson wat gesamentlik aan Lucerne Agri en’ n medeaandeelhouer behoort. Dié aanleg is vir sowat 11 maande van die jaar in produksie en word in twee seisoene verdeel: die somer, waartydens steenvrugte, tamaties en botterskorsies verpak word, en die winter, wanneer sitrusvrugte soos suurlemoene en naartjies aan die beurt kom.

Christo de Jonge, pakhuisbestuurder van Capac, sê hulle doen kontrakverpakking vir eksterne produsente, maar die grootste volumes is vir Lucerne Agri en hul mede-eienaar.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 75