Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 74

MEGA BOERE | SMUTS BROERS

Arbeid is dus een van die grootste uitgawes in só’ n grootskaalse boerdery. Tamaties is byvoorbeeld ook baie arbeidsintensief, aangesien daar drie keer per week vir sowat vier maande lank gepluk word.

Die boerdery maak gebruik van seisoenwerkers, sowel as sowat 200 permanente personeellede.

“ Ons kan eenvoudig nie met só’ n groot besigheid funksioneer sonder’ n bestuurskorps nie. Daar is tans nege produksiebestuurders op die verskillende plase werksaam. Arbeid en klimaat is ons grootste uitdagings, maar hoe langer ons die plase bedryf, hoe beter verstaan ons watter kommoditeite die beste by elke eenheid pas. Dit is waarom ons ouer plase meer suksesvol is – daar het ons reeds ons lesse geleer,” sê Sean.

74 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025