MEGA BOERE | SMUTS BROERS
VRUGTE- EN GROENTEPRODUKSIE IS ARBEIDS- INTENSIEF
Vrugteproduksie is uiters arbeidsintensief. Eers word die bome gesnoei, en later volg vrugseleksie. Op elke loot word die vrugbotsel uitgedun totdat daar net een of twee blomme oorbly wat tot volwaardige vrugte ontwikkel. By die nektariens word hierdie proses tot vier keer herhaal voordat die vrug geoes word. Dit bring’ n groot loonkoste mee. In’ n boord van 30 ha nektariens kan arbeidskoste tot R2 miljoen beloop, aangesien alles met die hand gedoen word. Uitvoerprodukte moet boonop aan streng regulasies en gehalte-standaarde voldoen.
Tussen 500 en 600 kratte suurlemoene van 390 kg tot 400 kg elk word in piektye verpak.
72 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025