Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 71

SMUTS BROERS | MEGA BOERE

Die Capac-pakhuis verpak Lucerne Agri, sowel as ander produsente, se sitrus, steenvrugte en groente.

mens skalie-, klei- en kalkgrond in dieselfde blok. So dit is belangrik om baie seker te maak van jou watertoediening, ongeag wat die meters voorstel,” sê Sean.

BELANGRIK OM DIE BLOKKE SE BEHOEFTES VISUEEL WAAR TE NEEM

Sybrand stem saam dat visuele inspeksie in die blokke van kardinale belang is.“ Dit is moeilik om die meters 100 % akkuraat te kalibreer, want die afstand van die drupbesproeiing tot by die meter is ook bepalend. Die skedules vir watertoevoeging is dikwels baie kort, en op swaerder gronde kan’ n mens nie net op die meters staatmaak nie. Dit is belangrik om self’ n gat te maak en te kyk.”

Die watervoorsiening vir groente-aanplantings werk glad nie met die meters nie, omdat water in die somer soms daagliks toegedien moet word. Temperatuur bepaal die hoeveelheid water wat gegee moet word.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 71