Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 69

SMUTS BROERS | MEGA BOERE

Die ander twee is onderskeidelik by Simondium naby die Paarl, en in Johannesburg. Hulle verpak onder verskillende handelsmerke en lewer plaaslik aan groot kettingwinkels soos Checkers, Pick n Pay, Woolworths en Fruit Lover’ s Market.

KLIMAAT EN VERAL TEMPERATUUR KAN GROOT INVLOED HÊ

“ Ons werk met’ n verskeidenheid kommoditeite, en hul behoeftes verskil van mekaar. Wanneer die temperatuur byvoorbeeld vinnig verander, kan dit’ n swak oes tot gevolg hê, en daarom is dit so belangrik dat ons ons risiko’ s versprei.”

“ Dit kan byvoorbeeld by Bonnievale 50 mm reën, terwyl die plase by Robertson skaars 5 mm ontvang het. Dieselfde geld vir hael en ryp. Dit is waarom ons nie net in een area boer nie. Die klimaat het beslis oor die afgelope vyf jaar verander – vroeër het ons baie goed met tamaties hier gevaar,” vertel Sean.

Hoewel’ n groot gedeelte van hul sitrusaanplantings onder nette is, het hulle verlede jaar geweldigeskade weens erge reën en vloede opgedoen toe die Breërivier afgekom het. Net toe nuwe nette weer opgesit is, het die rivier weer afgestroom. Die nette help egter geweldig teen hael en ryp, en sitrusuitpakke onder nette het met tussen 10 % en 15 % toegeneem. Siektes is egter moeiliker om onder die nette te beheer.

JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 55