MEGA BOERE | SMUTS BROERS
Hulle boer met steenvrugte, sitrus, avokadopere, groente en wingerd op Olywendal, Lucerne en Klipboschlaagte by Robertson, sowel as op Doornbosch, Grootkloof en Vitara by Bonnievale.
Die tamaties wat Grant vroeër jare in die Robertsonarea aangeplant het, het baie goed gedoen en tot verdere uitbreidings oor die jare gelei. Tot onlangs is tamaties ook op Doornbosch by Bonnievale geplant, maar aangesien tamaties net drie jaar agtereenvolgens op dieselfde grond geplant kan word, word die lande tans voorberei vir pruime wat in Oktober geplant sal word. Die klimaat van die twee streke verskil ook – by Bonnievale kan roes meer voorkom omdat dit meer mis kry, iets wat tamaties nie verdra nie.
Sean, wat die boerdery-eenhede in die Bonnievaledistrik bestuur, sê die klimaat speel’ n baie groot rol in die verbouing van verskillende kultivars.“ Ons uitgebreide aanplantings is juis daar om die risiko’ s, wat van jaar tot jaar verskil, te versprei en te absorbeer,” sê hy.
BYKANS ALLE PRODUKTE BESTEM VIR DIE UITVOER- MARK
Al die kommoditeite, behalwe tamaties, appelkose, perskes en laer kwaliteit pruime, word uitgevoer. Die hele produkwaardeketting begin op die plase en word in twee groot pakstore by Swellendam en Robertson verpak en versend. Lucerne Agri het aandele in vier pakstore.
54 GROND TOT MOND JUN | JUL 2025