Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 67

SMUTS BROERS | MEGA BOERE

Nektariens word só opgelei dat dit maksimum sonlig kan deurlaat, terwyl daar ook genoeg spasie vir bespuiting is.

deesdae meer op die agtergrond begewe, is dit sy en sy vrou Christa se drie kinders wat die boerdery voortsit.

Juan-Ivan( 36) is Lucerne Agri se hoof uitvoerende be-ampte, Sean( 34) is senior produksiebestuurder, en Margarite( 30) hanteer die wynbemarking.

LUCERNE WAS DIE SMUTS-FAMILIE SE EERSTE PLAAS

Die eerste plaas wat deur die Smuts-familie gekoop is, was die een wat vandag as Lucerne bekendstaan. Dit is vernoem na die dorp in Switserland waar Grant se ouma, Kathleen May Smuts, ná die Tweede Wêreldoorlog grootgeword het. Haar en haar man, Sebastiaan Smuts, se koms na Suid-Afrika was die begin van groot dinge vir hul nageslagte.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 67