kompetisies: die OVK Wol-innovasiekompetisie, die Beste Enkelbaal Wolkompetisie en die Santam-OVK Skolewolkunskompetisie. Hierdie kompetisies dra verder by tot die prestasie en aansien van die fees.
Volgens Jacques le Roux, OVK se Hoofbestuurder: Vesel, is die doel van die kompetisies om bewustheid van wol op verskeie vlakke te bevorder – van produsente tot entrepreneurs, en veral onder die jeug, wat die toekoms van die bedryf verteenwoordig.
Die wenners vanjaar was Carlize van Zyl( Wolinnovasie), Ian le Roux van Le Roux Trust in Riviersonderend( Beste Enkelbaal), en Hansen Viljoen van die Karoo Tuisskool in Middelburg( Skolekuns). Die kunswerke is tydens die galafunksie opgeveil ten bate van die OVK Rampbystandfonds.
In vennootskap met Santam dryf OVK ook jeugontwikkeling deur kreatiwiteit met wol en die natuur as inspirasie aan te moedig – en sodoende waardering vir hierdie volhoubare vesel onder jong mense te kweek.
Feesgangers is bederf met skeerdemonstrasies, modeparades, plaaslike disse, handwerkmarkte, lewendige musiek en opvoedkundige praatjies – alles in viering van wol, gemeenskap en die Karoo.