BROKKIES | NUUS
Nuwe markte buite die EU
Beleidmakers moet volgens die navorsers ook proaktief met EU-eweknieë gesels oor die verwydering of verslapping van NTM’ s, die uitklaar van dispute, en maniere om produsente te help om by die EU se streng regulasies aan te pas.
Terselfdertyd is dit slim om nuwe geleenthede buite die EU te verken— markte soos die BRICS-lande, Suid- Korea, Japan, en Viëtnam groei vinnig en kan groot potensiaal inhou.
23 %
Die persentasie van Suid-Afrika se totale landbouuitvoere wat in die eerste kwartaal van 2025 na die EU uitgevoer is.
EU bly’ n sleutelvennoot
Ten spyte van die struikelblokke bly die EU ons waardevolste handelsvennoot. Die handelsurplus en buitelandse beleggings wat dit bring, het groot voordele vir werkskepping, die aanvaarding van groen- en digitale tegnologie, en beter marktoegang.
Die navorsers hoop hul werk gee die bedryf en beleidsmakers’ n beter idee van waar Suid-Afrika staan en watter stappe nodig is om ons posisie in die EU te versterk— sodat ons nie net mededingend bly nie, maar ook kan groei.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 61