Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Seite 60

NUUS | BROKKIES

Uitdagings vir mededingendheid

Volgens die studie het ons landbouvoedseluitvoere na die EU wel gegroei oor die afgelope twee dekades, maar die tempo het ná die wêreldwye finansiële krisis sterk afgeneem. Dit word gekoppel aan die gevolge van die resessie en’ n toename in NTM’ s.

In Oos-Europa het invoere aanvanklik vinnig gegroei nadat lande in die vroeë 2000’ s by die EU aangesluit het en markte oopgemaak het. Maar dié groei het van 6,5 % per jaar tot net 3,5 % ná die resessie gedaal. Suid-Europa se herstel was selfs stadiger: van 6,3 % tot 2,6 % jaarliks.

Belegging in infrastruktuur noodsaaklik Die navorsers sê dit is kommerwekkend dat handelsooreenkomste wat eens groot voordele ingehou het, nou nie meer genoeg is om ons mededingendheid in die EU te beskerm nie. Ons kompeteer toenemend in markte wat óf versadig is óf stadig groei.

Hulle meen Suid-Afrika moet fokus op produkte met vinnige aanvraaggroei, veral in tuinbou, en meer mik op groeiende markte in die EU soos die oostelike lande. Dit beteken ook groot beleggings in infrastruktuur— van vraghouerhawens tot betroubare elektrisiteit— om koste te sny en onsekerheid te verminder. Só kan ons beter meeding teen gesubsidieerde EU-boere en ander internasionale verskaffers.

60 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025