Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 59

BROKKIES | NUUS

Tuinbou bo-aan die lys

In’ n studie wat pas in die vaktydskrif Agrekon verskyn het, het die navorsers gekyk hoe die EU se invoerbeleid vir landbou-voedsel die mededingendheid van Suid- Afrikaanse produsente raak. Hulle het 20 jaar se handelsdata( 1999 – 2019) ontleed met die Konstante Markaandeelmodel( CMS) om te sien waar ons sterk staan en waar ons agter raak.

Hulle het produkte in vier groepe verdeel: grootmaatkommoditeite, geprosesseerde tussengoedere, tuinbouprodukte, en verbruikersgereedprodukte. Ons top vyfuitvoere na die EU is sitrus, druiwe, wyn, appels en pere, en avokado’ s.

Tuinbou het hier die kroon gespog. Volgens Eurostat se 2019-data het tuinbou-uitvoere van net meer as 58 % in 1999 gegroei tot meer as 65 % van ons totale landbouvoedseluitvoere teen 2019.

Streeksverskille in EU-aanvraag

Die EU se totale invoer van landbouvoedsel kom hoofsaaklik uit verbruikersgereed-produkte— wyn is hier die groot speler. Geprosesseerde tussengoedere en tuinbouprodukte het elk sowat 15 % uitgemaak.

Interessant genoeg gaan byna die helfte van die EU se totale landbouvoedselinvoere na Sentraal-Europa. Noordelike en suidelike EU-lande koop elk sowat 20 %, en die oostelike EU, hoewel tans die kleinste koper, groei vinnig.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 59