NUUS | BROKKIES
SA het’ n nuwe plan nodig om uitvoere na die EU te vermeerder
Suid-Afrika het goeie handelsbande met die Europese Unie( EU) en dit bly ons grootste handelsvennoot in Afrika. Maar, al is die bande sterk, het ons landbouvoedseluitvoere na die EU oor die laaste paar jaar begin afneem. Die grootste redes? Meer handelsversperrings, ingewikkelde reëls en dispute wat toegang tot sekere markte bemoeilik.
Dr Melissa van der Merwe, Senior Dosent, Universiteit Stellenbosch Departement Landbou-ekonomie, Fakulteit Agri-Wetenskappe.
Navorsers van die Universiteit Stellenbosch( US) en Mendel Universiteit in Brno, Tsjeggië, sê dit gaan’ n nuwe strategie verg om weer momentum te kry. Volgens hulle sal ons uitvoerplanne moet skuif, binnelandse infrastruktuur opgegradeer word, en nietariefhandelsversperrings( NTM’ s) doelgerig aangespreek word.
58 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025