BROKKIES | NUUS
dag volg’ n gesprek oor Siza( die volhoubare inisiatief van SA) en die klimaatkrisis, volhoubare verpakking en bestuur, met bydraes van rolspelers regoor die waardeketting.
Die tweede dag fokus op marktoegang en belegging. Rabobank lei’ n sessie oor beleggings en fondse, waarna daar bespreek word oor produksie in Suider-Afrika, logistiek en seevaart, genetika en masjientegnologie, en verbruikersneigings. Kenners van Fall Creek, Top Fruit, Driscoll’ s, Planasa en ander internasionale maatskappye is deel van hierdie gesprekke.
Die hoeveelheid bloubessies wat SA in 2024 geproduseer het. Die verwagting is dat uitvoere vanjaar op’ n soortgelyke vlak sal bly.
Plaasbesoeke in die Wes-Kaap Op die derde dag kry afgevaardigdes die kans om’ n plaas of pakhuis in die Wes-Kaap te besoek –’ n seldsame blik agter die skerms van die land se grootste bloubessieproduksiestreek. Hierdie praktiese komponent bied waardevolle konteks tot die teoretiese insette van die beraad.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 55