Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Página 54

NUUS | BROKKIES

Die beraad beloof om’ n diepgaande blik te gee op die wêreldwye tendense, uitdagings en geleenthede in die bloubessiesektor. In Suid-Afrika, een van die vinnigstegroeiende uitvoerders van bloubessies, word die beraad gesien as’ n gulde geleentheid om plaaslike kennis en vermoë op die wêreldverhoog te wys.

Wat is op die program?

Die eerste dag skop af met’ n verwelkoming deur landbou-minister John Steenhuisen, gevolg deur’ n oorsig van die wêreldwye bloubessiebedryf en die IBO se nuutste produksieverslag. Daarna volg’ n paneelgesprek oor globale produksie met deelname van kundiges uit Noorden Suid-Amerika, Europa, Asië en Afrika.

Berries ZA se voorsitter, Herman van Dyk, gaan’ n oorsig gee van Suid-Afrika se bydrae tot die industrie. Later die