Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 53

BROKKIES | NUUS

Suid-Afrika verwelkom wêreld se bloubessiebedryf in Kaapstad

Die oë van die wêreld se bloubessiebedryf is in September op Suid-Afrika gerig wanneer die Internasionale Bloubessievereniging( IBO) se jaarlikse beraad van 25 tot 27 September by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum( KIKS) plaasvind. Hierdie prestigegeleentheid word deur Berries ZA aangebied en bring kenners van regoor die wêreld byeen vir insiggewende gesprekke, netwerking en praktiese plaasbesoeke.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 53