Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Página 48

NUUS | BROKKIES

mentorskap en loopbaanbeplanning insluit.

“ Adviseurs moet nie net raad gee nie, maar luister, sake-insig toepas en oplossings bied vir komplekse uitdagings,” sê Lawless.“ Bo en behalwe goeie produk- en gewaskennis, moet hulle tegnologies vaardig wees, basiese besigheidsbeginsels kan toepas en die vermoë hê om komplekse lae van data te interpreteer vir besluitneming.” Die CCA-program verseker dat alle adviseurs aan die nodige standaarde voldoen deur voortdurende evaluering en en opleiding in tegniese, besigheids- en sagte vaardighede. Kursusse word deurlopend ontwikkel op grond van die nuutste navorsing en praktykervaring. Temas sluit in gewasfisiologie,-voeding en- beskerming, besproeiing, toedieningstegnologie en grondvrugbaarheid.

“ Die CCA-program rus my toe met waardevolle kennis om oplossings vir kliënte te bied,” sê Stephan Venter,‘ n Leerling Gewas Adviseur van Wolmaransstad.“ Die besigheidskursus verbreed my perspektief en beklemtoon die belang van fokus en dissipline. Ek glo dit gaan my help om my eie besigheid beter te bestuur.”

Die brug tussen kundigheid en praktyk Lawless sê samewerking met universiteite voeg akademiese waarde by en spreek die sektor se spesifieke behoeftes aan.“ Ons vennootskap met NWU, en WinField United SA se betrok-kenheid by die Universiteit Stellenbosch, bevorder navorsing, tegnologiese vooruitgang en toegang tot die nuutste kennis op plaasvlak.”

“ As verskaffer van geïntegreerde gewasoplossings, geskoei op kundigheid en tegniese advies, stel InteliGro nou’ n nuwe standaard. Produsente wéét hulle kry kundigheid,” sê sy.“ Ons fokus bly om elke Gewas Adviseur’ n betroubare vennoot te maak wat produsente help om sukses te behaal.”

48 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025