BROKKIES | NUUS
InteliGro het saam met die Noordwes-Universiteit( NWU) se Besigheidskool’ n pasgemaakte driejaar-opleidingsprogram vir Gewas Adviseurs ontwikkel. Die loodsprojek het in Mei 2025 begin, met tien jong adviseurs wat besigheidsopleiding ontvang om InteliGro se sterk tegniese fokus op plaasvlak aan te vul.
Volgens Janet Lawless, bemarkingsbestuurder by InteliGro, is dié praktykgerigte opleiding noodsaaklik vir die unieke vaardighede wat die rol vandag verg. Adviseurs wat die program voltooi, sal’ n formele kwalifikasie kry wat hul loopbaan-ontwikkeling en geloofwaardigheid versterk.
“ Die verskil lê in die gehalte van die Gewas Adviseur,” sê Lawless.“ Kennis alleen is nie meer genoeg nie. Klimaatsverandering, markverskuiwings en regulatoriese druk verg kritiese denke en sake-insig. Daarom fokus die program op self-ontwikkeling, operasionele bestuur, strategiese entrepreneurskap, toekomsgerigtheid, finansiële bestuur, doeltreffende kommunikasie en praktiese landboutoepassing.”
Meer as 90 gewas adviseurs ontwikkel
InteliGro het reeds meer as vyf jaar gelede die grondslag gelê vir’ n doelgerigte en relevante ontwikkelingspad met hulle interne Certified Crop Advisor( CCA)-program.
Vandag is meer as 90 adviseurs landwyd betrokke by hierdie formele opleidingsinisiatief. Elke adviseur volg’ n persoonlike ontwikkelingsplan wat tegniese opleiding,
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 47