Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 49

BROKKIES | NUUS

Wat hul adviseurs onderskei, is volgens Niel Kruger, Uitvoerende Bestuurder: Primêre Besigheidskanaal, nie net tegniese vaardigheid nie, maar ook die vermoë om vooruit te beplan – van wisselbou en weerstandbestuur tot biologiese oplossings, tegnologie-hulpmiddels, alternatiewe beheer en marktoegangvereistes.

Vertroue bly die sleutel tot sukses

Volgens Kruger is dit die kombinasie van tegniese kundig heid, strategiese visie, tegnologiese vaardigheid en die regte profiel mense wat die InteliGro-span laat uitstyg. Hierdie benadering gee produsente die gemoedsrus dat hulle’ n betrou-bare besigheidsvennoot aan hul sy het om uitdagings saam aan te pak.

“ Vertroue is die fondament van’ n suksesvolle produsentadviseur-verhouding,” sê hy.“ Dit berus op oop kommunikasie, ervaring, kundigheid en bewese resultate.”

“ Die CCA-program dien as ons eie vertrouensindeks. Dit begin op die plaas – en dit is waar ons die verskil maak.”

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 49