VAN LOVEREN WYNLANDGOED
tanniene en’ n ferm struktuur. Die échalat-stelsel is sowat 20 jaar gelede deur wynboukundige Rosa Kruger in Suid- Afrika bekendgestel. Produsente in Frankryk, Spanje, Duitsland en nou ook plaaslik vind dat wingerde wat só opgelei word, baie oud kan word sonder om produksie in te boet.
Die Christina-reeks dra intussen by tot Robertson se naam as die hart van Cap Classique-uitnemendheid.
VOORUIT KYK NA NUWE MARKTE
“ Terwyl ons ons naam in die spesialiteitsmark vestig, wil ons ook die besondere eienskappe van ander wynstreke benut,” sê Retief.
En ja, hy hou’ n oog op verbruikersveranderinge.“ Al geniet mense oor die algemeen minder wyn, sien ons nuwe gesigte in die mark. En Generasie Z? Hulle drink beslis wyn – net op hulle eie manier.”
’ n Onlangse opname wys dat 73 % van jong volwassenes in dié groep in die laaste ses maande alkohol gebruik het, teenoor 66 % twee jaar gelede. Hulle mag dalk periodes hê waar hulle meer gesondheids-georiënteerd is, maar as hulle kies om te drink, word wyn gereeld ingesluit by die keuse.
“ Ons moet wees waar hulle is – saam met al ons ander verbruikers,” sê Retief. En dit geld vir wyn, sowel as vir die reeks spiritualieë, likeurs, biere en ander produkte wat Van Loveren bied.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 137