VAN LOVEREN WYNLANDGOED
’ n Swartland-juweel wat nou deel is van Van Loveren se wynfamilie.
ROBERTSON BLY DIE ANKER
“ Tot onlangs het ons hoofsaaklik op Robertson gekonsentreer – en met goeie rede,” vertel Retief.“ Dis droog en gesond genoeg om siektes in die wingerd te beperk, maar ons het nog steeds water uit berge en damme. Die groot verskil tussen dag- en nagtemperature help met kleur, struktuur en gehalte, en die alkaliese grond gee’ n sagte tekstuur aan die wyn.”
In 2018 het die Retiefs Isabeau,’ n plaas van 65 ha in die De Hoop-vallei aan die voet van die Langeberge, gekoop. Daarmee het hulle nou meer as 1 000 ha onder wingerd in Robertson. Hier gebruik hulle die arbeidsintensiewe échalat-stelsel waar elke stok teen sy eie paal groei. Dit lewer wyne met varsheid, elegansie, sagte
136 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025