JONGBOER VAN DIE JAAR VAN LOVEREN WYNLANDGOED
om daardie kern te bewaar, maar ook die geleenthede te skep vir groei,” sê Retief.
Dieselfde geld vir Neil Ellis Wines in Stellenbosch, wat laat verlede jaar by die groep aangesluit het.“ Ook’ n familiekelder met’ n sterk nalatenskap – ons bring die kapitaal om daarop voort te bou.”
Die derde groot aankoop, Overhex Winery met sy Survivor-reeks, bring nog’ n netwerk van topwingerde, veral in die Swartland, Darling en die Breedekloof, sowel as die kundigheid van keldermeester Pierre Wahl en Ben Snyman.
Van Loveren sien ook die potensiaal van wyntoerisme, veral langs die Suid-Agter-Paarl-roete. Die plan is om aparte besoekerservarings vir Landskroon en Survivor te ontwikkel, sodat elke handelsmerk sy eie karakter en storie kan vertel.
Van die suidwestelike hange van die Paarlberg tot in Van Loveren se wynportefeulje, met geslagte se vakmanskap en vars nuwe moontlikhede.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 135