Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Seite 134

VAN LOVEREN WYNLANDGOED

Stellenbosch-elegansie en kundigheid wat Van Loveren se bereik in die Kaap se voorste wyngebiede verder verbreed.

NUWE NAME IN DIE WYNFAMILIE

Van Loveren se landboubedrywighede strek oor 1 400 ha. Met hul nuwe toevoegings het Van Loveren nou wingerde en wynkenners regoor die Kaap se beste wyngebiede – van Robertson tot Paarl, die Swartland, Stellenbosch, Darling en selfs Tradouw naby Barrydale. Dit gee nie net toegang tot unieke terroirs nie, maar bring ook nuwe kennis en vaardighede in die kring.

Landskroon Wines, op die suidwestelike hange van die Paarlberg en reeds vyf geslagte lank in besit van die De Villiers-familie, is die nuutste toevoeging. Dit sluit 67 ha in( waarvan 30 ha beplant is), plus toegang tot nog 100 ha gehuurde wingerde, en’ n volledig toegeruste kelder met bottel- en pakhuisgeriewe. Die behoud van Landskroon se erfenis en styl is deel van die ooreenkoms.

“ Ons koop nie net’ n plaas en kelder nie – ons neem deel aan’ n storie vol trots en vakmanskap. Ons doel is

134 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025