VAN LOVEREN WYNLANDGOED
Vir meer as tien jaar belê Van Loveren in wingerde, keldertoerusting en mense om hul plek in die spesialiteitsmark te versterk, veral met rooiwyne van uitstaande gehalte.“ Dit gee vir ons meer streekverskeidenheid, maak ons buigsaam, en help dat ons voorbereid is op nuwe mark- en verbruikersneigings,” sê Retief.
Die onafhanklike familieplaas, wat in 1937 gestig is, word vandag deur Philip, sy broer Neil en hul neefs Bussell en Hennie bestuur. In die afgelope kwarteeu het dié derde geslag van Retiefs’ n paar van Suid-Afrika se bekendste wynhandelsmerke opgebou en hul wyne na byna 70 lande uitgevoer.
Derde geslag Retiefs aan die stuur by Van Loveren – van links, Phillip, Bussell, Hennie en Neil Retief dra die familieerfenis met trots voort.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 133