VAN LOVEREN WYNLANDGOED
Die bekende fasade van Van Loveren – waar tradisie, gasvryheid en innovasie hand aan hand gaan.
Van Loveren Family Vineyards, lank reeds’ n bekende naam op wynrakke regoor die land, is besig om sy vlerke verder te sprei – dié keer in die meer gesogte, hoëgehalte wynsegment. Die afgelope tyd het die Retief-familie onder meer Landskroon, Neil Ellis Wines, Survivor Wines en Overhex Winery by hul wynfamilie verwelkom. Volgens uitvoerende hoof Phillip Retief is dit deel van’ n langtermynstrategie is om elke spesiale handelsmerk op sy eie manier te laat groei en blom.
Die kelder is natuurlik bekend vir Four Cousins, Almost Zero en Tangled Tree, maar die meer gesogte etikette – soos Christina, die Van Loveren Family Vineyards-reeks en Zandvliet – stap ook al hoe gereelder weg met toekennings.*
132 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025