SANDKOPDRIF | BEWARINGS LANDBOU
Jasper, op sy beurt, het sy tegniese matriek voltooi. En wat nou?
Jasper:“ Iemand het vir my gesê jy moet eers doen waarvan jy nie hou nie en daarna dit waarvan jy hou. Ek antwoord toe dat dit wat ek hier op skool moet doen is presies waarvan ek nie hou nie. Daarna het ek kom doen waarvan ek hou hier op die plaas saam met my pa vanaf 2011.”
Jasper beaam Coenrad se woorde met betrekking tot sy komende huwelik.
“ Sy het ook op ʼn plaas grootgeword en sy weet ek kan haar nie op my eie gelukkig hou nie. Sy moet reeds gelukkig wees. Dit is hoe dit maar is hier in ons wêreld.”
Coenrad verwys na Jasper waar dié tydens’ n meer filosofiese oomblik vir sy pa verduidelik het dat enige besigheid, maak nie saak watter soort nie, sy droogtes het. Enige besigheid het sy probleem-diere.
Coenrad sê:“ Van die klas van dinge gepraat, die vleisprys het darem nou so’ n bietjie opgetel, maar ons sal maar moet sien wat gebeur. Gewoonlik, hier teen September wanneer ons bemark, daal die pryse mos
Coenrad en Jasper vervoer hul vee self slagpale toe om stres te verminder en vleis sagter te maak.
126 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025