BEWARINGS LANDBOU | SANDKOPDRIF
“ Wat jy nodig het om van te lewe, in rand en sent, moet jy uit hierdie grond kan genereer. Ek moet nou hier ploeg, maar ek weet nie of dit weer gaan reën nie. Ek is die een wat daardie kans moet vat. Ek moet my skaap ook ram gee, en dan is hulle vyf maande dragtig en nog drie tot vier maande voordat hulle bemark kan word. Dit is tot agt maande, en ek weet nie agt maande voor die tyd of dit gaan reën nie. Dit maak boerdery hier baie moeilik.”
Hy vertel daar is boeke geskryf oor alle tipes boerdery in al die landbougebiede in Suid-Afrika, maar die Namakwaland het nie so’ n boek nie. Namakwalanders word gedwing om sonder’ n praktiese handleiding te boer.
“ Dit is hoe’ n boer in die Namakwaland gevorm word. Hy leer alles by sy pa. Die eintlike gesegde is dat jy hier-die wêreld se biesmelk moet gedrink het. En al het jy die bies gedrink, is dit nog nie te sê jy gaan’ n suksesvolle boer wees nie.”
Die eintlike gesegde is dat jy hierdie wêreld se biesmelk moet gedrink het.
Coenrad se voorskrifte om suksesvol in die Namakwaland te boer: 1. Jy moet ten minste lief wees vir diere. 2. Jy moet in jouself gelukkig wees en nie van bioskope en kroeë en baie mense afhanklik wees nie. Jy moet alleen kan wees, alone but not lonely. Jou vrou ditto. 3. Nie-mand kan jou dwing om te boer nie. Jy moet self besluit jy wil boer. 4. Jy moet jou finansies goed kan bestuur. Onthou, nadat jy jou lammergeld ontvang het, kan dit maande duur voordat jy weer moet ploeg.
En die diesel vir daardie trekker koop jy nie op skuld nie. Jy moet betaal alvorens daar afgelaai word.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 125