Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 127

BEWARINGS LANDBOU | SANDKOPDRIF

Coenrad en Jasper oes gemiddeld tussen 30 en 100 t koring per jaar en produseer tussen 400 en 3 000 bale voer as dit voldoende gereën het.

weer. Die prys is nou net oor die honderdrand. Dus hoop ons hy sal iewers in die negentigs vassteek.”

Die ander uitdaging en netelrige saak is vleisgradering. Hierdie euwel is bloot van toepassing op die produsent. En hierdie produsent dra ál die onkostes verbonde aan die grootmaak van die lam tot met die aflewering by die slagpale. Die handelaar neem dan die onkoste oor. En hoe weet kopers in die supermark watter graad die bykans onbetaalbare lendetjop is wat hulle oor die toonbank aanvaar?

Coenrad verduidelik hoekom Sandkopdrif’ n suksesvolle familie-boerdery is: hulle het geen, maar geen, skuld nie.

“ As ons’ n nuwe trekker of bakkie of wat ook al wil koop en ons kan dit nie met kontant betaal nie, koop ons dit nie.”

Van geld en die maak daarvan gepraat, Coenrad reken die vinnigste manier om geld in boerdery te maak is die verbouing van koring.

“ Drie maande skakel jy die oes om in geld. Maar die risiko is geweldig hoog met duur insetkoste en implemente.”

En volgens hom is gradering ook’ n euwel en net nog’ n manier van geld ten koste van die produsent te maak.

“ Koring het verskeie grade en met elke gradering word die boer met aftrekkings belas. Maar, en dit is’ n groot maar,

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 127