BEWARINGS LANDBOU | SANDKOPDRIF
Coenrad hou altyd sy meerlinglammers aan vir hul vrugbaarheid, en hierdie gebruik lei tot verdere meerlinge. Een ooi met drie lammers is immers voordeliger as een met net een lam.
het sy naam en die datum op’ n klip uitgekerf – dus een van die eerste Europese graffitikunstenaars hier aan die onderkant van Afrika.
Nie ver van Sandkopdrif word daar binnekort geprospekteer in die ewige soeke na aardmetale.
“ Mense is mos altyd teen mynbou, maar ek glo geen land kan daarsonder bestaan nie. Jy het daardie ekonomie nodig om die land aan die gang te hou.” Hoe dit ook al sy. Coenrad is’ n voorstander van bewaringslandbou. Later meer daaroor. Hy het egter’ n kleintjie dood aan sekere ander vorms van bewaring, soos die Namakwa Nasionale Park teen die Weskus wat ook groot binne-landse gebiede dek.
Die probleem is dat bewaring, volgens hom, beteken dat niks uitgeroei mag word nie. En dit sluit roofdiere soos rooijakkals en rooikat in.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 123