Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 122

SANDKOPDRIF | BEWARINGS LANDBOU

Soos vele van die plase in hierdie omgewing het Sandkopdrif’ n lang en interessante geskiedenis. Coenrad sê:“ Sandkopdrif se geskiedenis kom hier vanaf 1838 af. My voorvader Christoffel Cornelius Dreyer het hierdie plaas toevallig daardie tyd gepag. Daarna is die grond vir’ n tyd lank uit ons besit, maar vanaf 1953 het my pa begin om die grond weer terug te koop.”

Hierdie omgewing is natuurlik ook ryk aan geskiedenis. Hoeka langs die Kotzesruspad is waar’ n groepie Britse konstabels deur hul gevangenes vermoor is. Coenrad:“ Die rondgaande hof van daardie jare was op Vanrhynsdorp, maar die kriminele is op Springbok vir veediefstal in hegtenis geneem. En hier het die gevangenes die konstabels se wapens afgevat en hulle vermoor.”

Simon van der Stel het ook in hierdie omgewing oornag op sy weg na Okiep om die kopermyn te vestig. Hy

Hierdie was aanvanklik karakoel-wêreld. Vandag word egter met dorpers geboer.

AREA: Namakwaland, Noord-Kaap OPSOMMING: Coenrad en Jasper Dreyer boer met Dorpers. Hulle pas bewarings landbou toe, balanseer veegetalle met die veld se drakrag en plant voer vir droë tye aan.

122 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025