BOORDTEGNOLOGIE
“’ n Mens moet onthou dat premies nie’ n spaarmeganisme is nie, en dat daar met konvensionele oesversekering geen opbrengs is nie tensy daar skade was. Dan is dit bloot ter betaling van die skade. Jy gaan elke seisoen weer betaal, en indien jy oor die tydperk nie eise het nie, sal jy inderwaarheid al daardie geld onnodig uitgegee het. Die nette is’ n bate, maar kan ook beskadig word en tot niet gaan.”
HERNUBARE ENERGIE
Een van die belangrikste aspekte van ontwikkelende boordtegnologie is die gebruik van hernubare energie vir verskillende aanwendings op’ n plaas. André Kritzinger, appel- en peerboer van Tulpieskraal in die Joubertinadistrik, vertel dat hulle begin fokus het op die installering van sonkrag as teenvoeter vir die Eskom-probleme en wat noodsaaklik is vir hul pakstoor en koelkamers om stygende kostes so ver as moontlik te bekamp.
“ Ons het nou reeds 500 kW se sonpanele met 600 kWbatterye. Dit hou ons tans vir drie uur aan die gang. Maar dit gaan meer oor Eskom se rooi- en groen tye. Tussen 7 uur en 10 uur in die oggend en saans tussen 6 uur en 8 uur is dit rooi tye en betaal ons tussen R1.00 per kW meer vir die krag. So ons laai die batterye met die goedkoop krag in die groen tye, en met die son, en in rooi tye gebruik ons dan ons eie krag. In die afseisoen, as die koelkamers nie loop nie, sit ons alle sonkrag weer terug in die netwerk,” verduidelik hy.
Volgens Danie Rautenbach, besturende direkteur van 2Zero50, moet die sonkragstelsels wat op plase aangebring word, nie noodwendig per gewas ontwerp word nie, maar per boerdery. Kragverbruik, plaasgrootte en sonintensiteit is van die faktore wat in ag geneem moet word en wat daartoe lei dat identiese ontwerpe feitlik nie bestaan nie.
114 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025