BOORDTEGNOLOGIE
“ Soos met LEGO, word’ n stuk of agt tot twaalf tipe boublokke, in verskillende verhoudings en op verskillende maniere, gebruik om elke oplossing te vorm. Sonpanele verbeter voortdurend in doeltreffendheid. Die verbeteringe is nie radikaal nie, maar die gekombineerde verbetering is noemenswaardig. Die mees radikale ontwikkeling is in energieberging. Die batterychemie diversifiseer sowel as die konstruksiemetodiek. Die beskikbare lithiumgrondstowwe het vermeerder, die produksiekapasiteit het wêreldwyd by die aanvraag gebly en tekorte het nie prysverhogings veroorsaak nie.”
Volgens Danie is die tipiese totale gemiddelde elektrisiteitskoste, insluitend die eenheidskoste en administratiewe fooie, op’ n gemiddelde boerdery tans tussen R2.50 en R4.50 per kWh. Die tipiese sonenergieopwekkingskoste is reeds onder R1.00 per kWh. Die koste om 1 kWh te stoor in’ n battery om later te gebruik, is ongeveer R0.90. Die batterye is steeds die duurste komponent, maar die koste is op’ n afwaartse trajek, hou ook langer, en die koste per siklus is heelwat laer as twee of drie jaar gelede. Die verhogings in Eskom se energietariewe die laaste paar jaar het die relatiewe besparing wat hernubare energiestelsels bied, radikaal verbeter.
Hy sê ook boere verdien die stelsel se koste vinnig terug in wat hulle spaar.’ n Gedeelte van die som is wel om te probeer om ekstra energie in die middel van die dag te“ bank” sodat dit later gebruik kan word. Maar hierdie korttermynberging is’ n klein deeltjie van die som,
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 115